
=====================================================================
Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans moet bevryding gegun word

Olga Sema   vertel van projekte waaraan sy werk.

AFRIKAANS, dit, Afrikaans dat, Afrikaans gekneus, Afrikaans skuldig, Afrikaans hier en daar. Afrikaans orals.

Afrikaans, dis ook jy wat in 1976 opstande veroorsaak het. Jy laat my dink aan Totius se "Godsbesluit" ....

Maar so het jy demokrasie gebring. Hulle s mos jy gebruik 'n krom hout om 'n reguit hout te slaan. Dit is wat jou optrede veroorsaak het. 
Jy moes die land van sy lyding bevry en daarvoor loof ek jou.

In die apartheidsera is jy verkeerd gebruik en het jy swaar gekry onder negatiewe houdings. Ons wil jou nou bevry van alle vooroordele, 
negatiewe houdings en alles wat jou in 'n slegte lig stel.

In Soweto in Gauteng het ons 'n projek begin wat leerlinge van standerd 6 en 7 se Afrikaans gaan bevorder. Hulle gaan met die steun van die 
Stigting vir Afrikaans, die ATKV en Beeld elke Saterdag twee uur lank les in Afrikaans kry. Ons doel is om Afrikaans vriendeliker en 
makliker vir leerders te maak.

Ons wil Afrikaans ook in elke provinsie bevorder deur Afrikaansforums of -groepe te vorm vir mense wat lief is vir Afrikaans en die taal 
graag wil praat. Daar sal geleentheid wees om met mekaar in Afrikaans te kommunikeer.

Ons probeer ook om te antwoord op leerlinge se vraag: "Wat kan ek met Afrikaans doen?" Om di rede ook gaan ons onderwysers uit Gauteng, 
Mpumalanga en die Noordelike Provinsie (hoofsaaklik Afrikataliges) op 'n toer neem na Belgi en Nederland om meer van die verwantskap 
tussen Afrikaans en Europa te leer.

'n Projek wat al lank bestaan, wil ons ontwikkel tot 'n versoeningsprojek waarin Afrikaans ten volle gerealiseer word. Twee sulke 
voorbeelde in Gauteng is gegrond op behoeftes wat daar was. Ons glo dat wat hier gedoen word Afrikaans van sy negatiewe konnotasie en 
stigma sal help bevry. Ons vra die samewerking van sowel andertaliges wat Afrikaans kan praat, as Afrikaanssprekendes. Doen waar die 
geleentheid hom voordoen, die positiewe ding vir Afrikaans. Mev. Olga Sema   is 'n lid van die Stigting vir Afrikaans se Raad van Trustees 
en hoof van die afdeling vakadviseurs van Afrikaans in Gauteng.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av444.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

